Dalene Matthee
Person🇿🇦 South Africa

Dalene Matthee

40
Connections

Details

Category
Author
Role
Author / Writer
Industry
Arts & Literature
Wikidata
Q469418
Notable for
Dalene Matthee is in 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap gebore. Altesaam 13 boeke het uit haar pen verskyn. Hoewel sy haar loopbaan met kind
Birth Date
1938-10-13
Death Date
2005-02-20
Gender
female
Nationality
South Africa
Birthplace
Riversdale
Occupations
writer
Bio
Dalene Matthee is in 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap gebore. Altesaam 13 boeke het uit haar pen verskyn. Hoewel sy haar loopbaan met kinderstories en kortverhale begin het, is sy vandag veral vir haar vier “Bosboeke” bekend: Kringe in ‘n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos. Elke boek is deur deeglike navorsing voorafgegaan. Haar boeke is in 14 tale vertaal, en Kringe in ‘n bos en Fiela se kind word reeds vir meer as 20 jaar as voorgeskrewe boeke in skole gebruik. Haar werk is onder meer met die ATKV Prosa-toekenning (vier maal), die Suider Afrikaanse Instituut vir Boswese-toekenning (twee maal), die Switserse Stab-toekenning en die Departement van Kuns en Kultuur se SA Literêre Toekenning (postuum) bekroon. Sy is ook die enigste Afrikaanse skrywer van wie meer as 1 miljoen boeke in Afrikaans in Suid-Afrika verkoop is. Sy is op 20 Februarie 2005 oorlede en ‘n gedenksteen is vir haar in die Knysna-bos opgerig. From [Memorial Page](https://www.dalenematthee.co.za/af/biografie/die-storie-van-dalene-matthee/)
Personal Name
Dalene Matthee
Awards
Order of Ikhamanga in Bronze
Languages
English, Afrikaans